Helené se biografie
Helenè Bester
het grootgeword Springs en matrikuleer ook daar, aan die Hoër Meisieskool
Hugenote, 1994. Daarna het sy B.Bedryfskommunikasie gaan studeer op die
(destydse) PUK en haar honneurs in radio-joernalistiek verwerf. Tydens haar
studente-jare, was sy lid van die Alabama-studentegeselskap, asook die PU-koor.
Helenè neem
vanaf 1999 deel aan elke kunstefees, waarvoor haar produksies goedgekeur word.
’n Paar van die vertonings wat sy al by kunstefeeste opgevoer het, is: “Wie is
Sarie Marais?”, “Om die kaggel is ’n huis”, “Wens”, “Liefdesvuur”, “DRIE”,
“Twee-dimensioneel”, “Vars water” en “Oorgee”.
2002, is sy
“raak gehoor”, deur Sarel Myburgh (toe hoof van RSG), tydens die KKNK. RSG het
vir haar radio-speeltyd gebied en Select Musiek het vir haar ’n platekontrak
aangebied.
Sedertdien het
Helenè 3 cd’s vrygestel: “WENS”, “HOU VAN JOU” en “OORGEE”. Laasgenoemde is
einde, 2007, vrygestel. Sy is steeds ’n kunstenaar van Select Musiek (011) 792
0145.
Bester sing gereeld saam met Mathys
Roets. Hul het die produksies, “Liefdesvuur”, “Twee-dimensioneel” en “Vars
water” aangepak.
Sy’s trots om te sê dat sy al die
verhoog kon deel met bekendes soos: Jak de Priester, Chris Chameleon en Juanita
du Plessis. Sy’t al duette gesing saam met: Jannie Moolman, Rina Hugo en Kurt
Darren.
Helenè voel baie bevoorreg dat sy
vir 3 jaar (2005,2006 en 2007), kon sing by Huisgenoot se Skouspel.
Nog hoogtepunte in haar loopbaan,
sluit in, die opnames van T.V.-programme, soos: “Dis hoe dit is met Steve”,
“Kwêla”, “Reise en Soetkyse”, “Draadloos”, “DKNT”, “Geraas”, “Pitstop”,
“Jakkals-jol” ,“Glitterati” en “Fiesta”.
Bester het sopas (Augustus 2009) haar splinternuwe cd - "GROOSTE TREFFERS" - vrygestel.
Twee nuwe treffers maak van hierdie cd 'n MOET. Jay van Eden en en Niel Schoombee
van die Hi-5-faam het vir Helenè die liedjie "TIEN MINUTE" geskryf. Sarah
Theron het haar pen gewaag aan "EK WOU JOU GESOEN HET".
Ivan Botha, Lochner de Kock en Helenè het onlangs 'n kinder-dvd gemaak en vrygestel.
Dis getiteld "KADOT EN DIE PROFETE". Besoek gerus die webwerf: www.kadot.co.za.
Hierdie dvd handel oor 'n donkie (Kadot) wat vrae vra. Helenè antwoord dit,
deur die musiek, wat sy en Mariëtte Galjaard geskryf het. Lochner is die stem
van die donkie en Ivan is die verteller! Gewis 'n aanwins vir enige mamma
en haar kinders! O, ja - die poppemeester, Antoinette Snyman sit agter die
maak en 'speel' van Kadot. Sy was die maker van Sarel en Karel van 'Wielie
Walie'.
Helenè is tans die aanbieder van die program DROOMHUIS, op Kyknet. Daar is
ook sprake van 'n opvolgreeks!
Hou gerus Helenè se blog dop vir lekker gesels en nuwe foto's!